Judges 20:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Onder hierdie hele volk was daar sewe honderd uitgesoekte manne wat linkshandig was; elkeen kon klippe op 'n haarbreedte slinger, en nie mis nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Onder hulle was daar 700 uitgesoekte soldate wat almal links was. Hulle kon haarfyn met ’n klip uit ’n slingervel korrel sonder om een keer te mis.
Afrikaans 1933/1953
Uit al hierdie manskappe was daar sewe honderd uitgesoekte manne wat links was; hulle almal het met 'n klip op 'n haar geslinger sonder om te mis.
Afrikaans 1983
In daardie hele leër was daar sewe honderd knap soldate, almal links. Hulle kon keer op keer 'n haar raakgooi met 'n klip uit 'n slingervel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Onder al hierdie manskappe was daar sewehonderd uitgesoekte manne wat linkshandig was. Elkeen van hulle kon met 'n slingervel 'n klip op 'n haar gooi, sonder om te mis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Van daardie manne was 700 links, maar hulle kon baie goed gooi met 'n slingervel. Hulle kon 'n haar raakgooi, hulle het nie misgegooi nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
***