Judges 20:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was 'n bepaalde teken tussen die manne van Israel en die leuenaars wat wag om 'n groot vlam met rook uit die stad te laat opstyg.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Israeliete het met die manskappe in die hinderlaag afgespreek dat hulle ’n groot rookwolk uit die stad sou opstuur.
Afrikaans 1933/1953
En die manne van Israel het 'n afspraak met die hinderlaag gehad dat hulle 'n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek.
Afrikaans 1983
Daar was 'n afspraak tussen die Israeliete en hulle hinderlaag om 'n groot rookwolk in die stad op te stuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die afspraak tussen die Israeliete en die manne in die hinderlae was: “Laat meer rook opstyg uit die stad!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het vir die ander Israeliete gesê hulle sal 'n vuur maak in die stad,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die twee groepe Israelitiese soldate het ’n teken met mekaar afgespreek.