Lamentations 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die teëstander het sy hand uitgebrei oor al haar lieflike dinge, want sy het gesien dat die nasies in haar heiligdom ingaan, aan wie U beveel het om nie in u vergadering in te gaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Al haar kosbaarhede het die vyand geplunder. Sy het gesien hoe vreemde volke die tempel van die Here ingaan, dié mense wat die Here verbied het om daar in te gaan.
Afrikaans 1933/1953
Jod. Die teëstander het sy hand uitgesteek na al haar kosbaarhede; ja, sy het gesien hoedat heidene in haar heiligdom kom, van wie U bevel gegee het dat hulle in u vergadering nie mag kom nie.
Afrikaans 1983
Die vyand het beslag gelê op al haar waardevolle dinge; sy moes aanskou hoe heidennasies in haar heiligdom ingaan, hulle vir wie U belet het om in u gemeente te kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Teenstanders het alles wat vir haar kosbaar was, ingepalm; ja, sy moes toekyk hoe die nasies haar heiligdom betree, hulle vir wie U belet het om in u gewyde vergadering te kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het al my mooi goed vir hulleself gevat. Ek het gesien heidene kom in die tempel. Maar, Here, U het gesê heidene mag nie in u gemeente kom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die vyand het alles wat vir haar dierbaar was, by haar weggevat en vir hulleself gehou. Sy het selfs gesien hoe ander volke in die Here se huis ingaan. Die Here het vroeër sulke mense belet om tussen die mense van sy volk te kom.