Lamentations 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al sy volk sug, hulle soek brood; hulle het hulle lieflike dinge as spys gegee om die siel te verlig; kyk, HERE, en let op; want ek het gemeen geword.
Afrikaans (NLV) 2011
Haar inwoners sug terwyl hulle na kos soek. Hulle het al hulle kosbaarhede vir kos geruil, net om aan die lewe te bly. “Kyk tog, Here,” sug sy. “Almal verag my!”
Afrikaans 1933/1953
Kaf. Haar hele bevolking sug, hulle soek brood, hulle het hul kosbaarhede vir voedsel gegee, om hulleself te verkwik. Aanskou, HERE, en merk op dat ek 'n veragte geword het.
Afrikaans 1983
Haar hele bevolking sug, hulle soek brood, hulle het hulle waardevolle besittings verruil vir kos om aan die lewe te bly. Kyk tog, Here, en sien tog raak hoe verag ek is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kreunend soek haar hele volk na kos. Om te oorleef, het hulle hulle kleinode verruil vir iets om te eet. Kyk tog, Here, sien raak hoe ek verag word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die mense van die stad het gekla en gesug terwyl hulle loop en kos soek. Hulle het kosbare goed gegee om kos te kry, want hulle was honger.” Jerusalem skree: “Here, U moet kyk en sien hoe hulle my verneder.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Haar mense loop en kla terwyl hulle na kos soek om te eet. Hulle het alles wat vir hulle belangrik was, geruil vir kos. Hulle het alles gegee net om aan die lewe te bly. “Kyk tog mooi, Here. Almal verag my!”