Lamentations 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is dit vir julle niks, julle almal wat verbygaan nie? kyk, en kyk of daar enige droefheid is soos my droefheid wat my aangedoen is waarmee die HERE my verdruk het op die dag van sy toorngloed.
Afrikaans (NLV) 2011
Is dit nie vreeslik vir julle wat by die stad verbyloop nie? Kyk goed of daar ’n hartseer is wat pyn soos dié van my! Die Here het dit oor my gebring toe Hy woedend was vir my.
Afrikaans 1933/1953
Lamed. Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Aanskou en kyk of daar 'n smart is soos my smart wat my aangedoen is, waarmee die HERE my bedroef het op die dag van sy toorngloed.
Afrikaans 1983
Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Kyk tog self of daar 'n smart is soos die smart wat oor my gekom het, wat die Here my aangedoen het die dag toe sy toorn losgebreek het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat dit julle koud, julle almal wat met die pad verbygaan? Sien dit tog raak en kyk! Is daar nog smart soos die smart wat Hy my aangedoen het, wat die Here my op die dag van sy brandende toorn laat ly het?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle almal wat hier op die pad verbygaan, wil julle my nie help nie? Julle moet kyk of daar ander stede is met wie dit so sleg gaan soos die Here dit met my laat gaan. Het die Here met ander stede gedoen soos Hy met my gedoen het toe Hy vir my kwaad geword het?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle wat by die stad verbyloop, moet oplet. Kyk mooi. Is daar nog enigiemand anders wat soveel pyn het as ek? Die Here het hierdie seer oor my gebring die dag toe Hy so kwaad was vir my en my gestraf het.