Lamentations 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Van bo het Hy vuur in my gebeente gestuur, en dit oorweldig hulle; Hy het 'n net vir my voete uitgesprei, my teruggekeer; Hy het my die hele dag 'n woesteny en moeg gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het vuur van bo gestuur wat my verteer. Hy het ’n vangnet vir my gespan wat my laat terugsteier. Hy het my verlate gemaak en ongeneeslik siek agtergelaat.
Afrikaans 1933/1953
Mem. Uit die hoogte het Hy vuur gestuur in my gebeente en dit oorweldig, Hy het 'n net voor my voet uitgesprei, Hy het my agteruit laat wyk, Hy het my woes gemaak, die hele dag ellendig.
Afrikaans 1983
Hy het 'n vuur van bo af gestuur, en dit het my liggaam verteer; Hy het vir my voete 'n strik gestel, my agteroor laat steier; Hy het my verlate gemaak, ongeneeslik siek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Met vuur uit die hoogte het Hy my gebeente oorweldig. Hy het 'n vangnet vir my voete gespan, my laat terugsteier. Hy het my aan verlatenheid oorgelewer; heeldag voel ek swak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het vuur van bo gestuur in my liggaam in, en dit het in my gebrand. Hy het 'n vangnet neergesit om my voete te vang. Hy het my op my rug laat val, en my alleen gelos en my siek laat word, elke dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het ’n vuur van bo af gestuur wat my verteer het. Hy het ’n vangnet vir my gespan wat my laat terugsteier het. Hy het my eensaam en siek agtergelaat.