Lamentations 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die juk van my oortredinge is deur sy hand gebind: hulle is toegedraai en op my nek gekom; Hy het my krag laat val, die HERE het my in hulle hand gegee, uit wie ek nie kan opstaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het met sy hand van my oortredings ’n juk gevleg. Hy het dit op my nek gesit. Dit het my laat struikel. Die Here het my uitgelewer aan hulle teen wie ek nie kan veg nie.
Afrikaans 1933/1953
Noen. Die juk van my oortredinge is vasgebind deur sy hand, hulle is saamgevleg, hulle het op my nek gekom, dit het my krag laat struikel. Die Here het my oorgegee in die hande van een teen wie ek geen teëstand kon bied nie.
Afrikaans 1983
My sondes is saamgebind tot 'n juk, hulle is saamgevleg deur die hand van die Here, hulle is op my nek gesit, en dit het my krag laat ingee. Die Here het my oorgegee in die mag van mense teen wie ek geen weerstand kon bied nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die juk van my oortredings is swaar, dit is vasgemaak deur sy hand; dit druk op my nek. Hy het my kragte laat ingee; my Heer het my oorgegee in die hande van diegene teen wie ek geen weerstand kan bied nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het my sondes bymekaargesit. Hy het dit gevat en Hy het daarvan 'n juk gemaak, Hy het dit op my nek gesit. Ek het nie meer krag gehad nie. Die Here het my vyande laat wen teen my, ek kon niks doen teen hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het met sy hand die dinge wat ek verkeerd gedoen het soos ’n tou inmekaar- gevleg. Hy het dit soos ’n juk op my nek gesit. Ek het nie genoeg krag om dit te dra nie. Die Here het my oorgegee aan mense teen wie ek nie sterk genoeg is om te veg nie.