Lamentations 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE het al my helde in my midde vertrap; 'n vergadering teen my geroep om my jongmanne te verbrysel; die HERE het die maagd, die dogter van Juda, vertrap soos in 'n parskuip.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het al my sterk manne met minagting behandel. Hy het ’n leër laat kom wat my jong manne verpletter het. Die Here het Juda stukkend getrap soos ’n mens druiwe uittrap.
Afrikaans 1933/1953
Samek. Die Here het al my magtiges binne-in my verwerp, Hy het teen my 'n feestyd uitgeroep om my jongmanne te verbreek; die Here het die parskuip getrap vir die jonkvrou, die dogter van Juda.
Afrikaans 1983
Die Here het al my dapper manne as waardeloos beskou, ten koste van my het Hy 'n feestyd uitgeroep om 'n slagting onder my jongmanne aan te rig. In 'n parskuip het die Here vir Juda fyngetrap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My Heer het al my sterk manne binne-in my byeen gejaag – Hy het 'n feestyd oor my uitgeroep vir die slagting van my jong soldate. My Heer het die jongmeisie, die dogter van Juda, in die parskuip vertrap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het al my sterk manne verneder, almal wat kon veg. Die vyande het dit geniet om my manne te oorwin. Die Here het op die volk Juda getrap soos 'n mens druiwe trap in 'n parskuip.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het al die sterk mans wat ek gehad het, met minagting weggewys. Hy het ’n weermag bymekaargemaak om my jongmanne te verslaan. Die Here het Juda stukkend getrap. Dit was soos druiwe wat jy met jou voete in die parskuip stukkend trap.