Lamentations 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Oor hierdie dinge ween ek; my oog, my oog loop af van water, want die trooster wat my siel moet verlig, is ver van my af; my kinders is woes, omdat die vyand oorwin het.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom huil ek so. Trane loop oor my wange. Daar is niemand naby wat my kan troos nie. Daar is geen toekoms vir my kinders nie. Die vyand het ons oorweldig.
Afrikaans 1933/1953
Ajin. Daarom ween ek, my oog, my oog loop af in water, want ver van my is die trooster wat my verkwik; my kinders is verbyster, omdat die vyand die oorhand het.
Afrikaans 1983
Dit is daarom dat ek so huil, dat die trane uit my oë stroom. Daar is geen trooster naby nie; my bevolking is verslaan, die vyand het die oorhand gekry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aanhoudend huil ek hieroor, my oë stroom van trane, want die trooster wat my kon opbeur, is ver van my af. My kinders is verpletter, want die vyand het die oorhand verkry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek huil oor hierdie dinge, daarom vloei die trane soos water uit my oë, want daar was niemand naby wat my kon help nie, niemand wat dit met my beter kon laat gaan nie. My mense is verwoes, want die vyande was te sterk vir hulle.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Trane loop uit my oë. Ek huil oor alles wat gebeur het. Daar is niemand by my wat my kan troos en my beter kan laat voel nie. Die vyand was te sterk vir my. My kinders is weg. Die mense wat in my woon, is platgeslaan. Hulle het niks om na uit te sien nie.