Lamentations 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sion steek haar hande uit, en daar is niemand om haar te vertroos nie; die HERE het aangaande Jakob bevel gegee dat sy teëstanders rondom hom moet wees; Jerusalem is soos 'n menstruele vrou onder hulle.
Afrikaans (NLV) 2011
Jerusalem steek haar hande uit vir hulp, maar niemand kom troos nie. Die Here het beveel dat Israel se bure haar vyand moes word, en dat Jerusalem soos ’n vuil ding weggegooi moet word.
Afrikaans 1933/1953
Pe. Sion brei haar hande uit, sy het geen trooster nie; die HERE het die wat rondom hom was, teen Jakob ontbied as sy teëstanders; Jerusalem het in hul midde 'n voorwerp van afsku geword.
Afrikaans 1983
Sion steek haar hande uit om hulp, maar daar is niemand wat haar bystaan nie. Die Here het vir Jakob aan alle kante vyande ontbied. Jerusalem het onder hulle soos 'n onrein vrou geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sion strek haar hande uit, maar daar is niemand om haar te troos nie. Die Here het almal om Jakob teen hom opgeroep as sy teenstanders. Jerusalem het tussen hulle 'n onrein vrou geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sion steek haar hande uit en vra iemand moet help, maar niemand help haar nie. Die Here het van al die kante vyande na Jakob toe gestuur. Jerusalem was soos 'n vuil stuk lap tussen hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sion steek verniet haar hande uit dat iemand haar kan troos. Die Here het vir almal wat rondom Jakob woon, gesê om van nou af sy vyand te wees. Jerusalem het soos ’n melaatse geword van wie jy ver moet wegbly.