Lamentations 1:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE is regverdig; want ek het in opstand gekom teen sy gebod.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die Here is reg,” sug sy. “Dit was ek wat teen Hom in opstand gekom het. Luister tog, al julle volke, na wat ek sê. Kyk na my hartseer. My dogters en my seuns is almal weggevoer as ballinge.
Afrikaans 1933/1953
Sade. Regverdig is Hy, die HERE, want ek was teen sy mond wederstrewig. Hoor tog, alle volke, en aanskou my smart; my jonkvroue en my jongmanne het in gevangenskap gegaan.
Afrikaans 1983
Die Here het reg gedoen: ek was ongehoorsaam aan sy woord. Luister tog, alle volke, aanskou my smart: my jong vroue en jongmanne het ballinge geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Regverdige is die Here; ja, ek het teen sy woord gerebelleer. Luister tog, alle volke, en sien my smart raak; my jong vroue en jong manne het in ballingskap gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jerusalem het geskree: “Die Here het reg gedoen, want ek was opstandig teen Hom. Volke, julle almal moet luister, julle moet kyk hoe sleg gaan dit met my. My jongmeisies en my jongmanne moes weggaan, hulle is gevangenes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here is reg. Ek was opstandig teen sy woord. Al julle volke moet luister wat ek sê. Gee aandag aan my hartseer. Al my dogters en my seuns is weggevat na ’n ander land toe.