Lamentations 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het my minnaars geroep, maar hulle het my bedrieg: my priesters en my oudstes het die gees in die stad opgegee, terwyl hulle hul kos gesoek het om hul siele te verlig.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het my vriende gevra om my te kom help, maar hulle het my in die steek gelaat. My priesters en oumense in die stad het van honger doodgegaan.
Afrikaans 1933/1953
Kof. Ek het geroep na my liefhebbers -- hulle het my in die steek gelaat; my priesters en my oudstes het in die stad beswyk toe hulle voedsel vir hulle gesoek het om hulleself te verkwik.
Afrikaans 1983
Ek het na my bondgenote geroep, maar hulle het my in die steek gelaat. My priesters en leiers het in die stad beswyk toe hulle vir hulle kos gesoek het om aan die lewe te bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het geroep na dié wat my liefhet, maar hulle het my in die steek gelaat. My priesters en oudstes het in die stad omgekom toe hulle na kos gesoek het om te oorleef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het die mense geroep wat lief was vir my, maar hulle het my verraai. My priesters en my leiers het gesterf terwyl hulle kos in die stad gesoek het, want hulle was honger.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dié wat beloof het om my te help as daar moeilikheid kom, dié wat vir my lief was, het my in die steek gelaat toe ek hulle gevra het om my te help. Die mans wat vir die Here sy offers gebring het en die oumense wat in die stad gebly het, is nou almal dood. Hulle het kos gesoek om aan die lewe te bly.