Lamentations 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sy ween swaar in die nag, en haar trane is op haar wange; onder al haar minnaars het sy niemand om haar te troos nie; al haar vriende het troueloos teen haar gehandel, hulle het haar vyande geword.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy sit dwarsdeur die nag en huil. Trane loop oor haar wange. Nie een van haar minnaars wil haar nou kom troos nie. Al haar vriende het haar verraai en haar vyande geword.
Afrikaans 1933/1953
Bet. Bitterlik ween sy snags -- haar trane oor haar wange! Sy het geen trooster onder al haar liefhebbers nie; al haar vriende het troueloos teen haar gehandel, haar vyande geword.
Afrikaans 1983
Onbedaarlik huil sy die hele nag, die trane loop oor haar wange. Niemand van haar vroeëre minnaars is daar om haar te troos nie. Al haar bondgenote het teen haar verraad gepleeg, hulle het haar vyande geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Bedroef huil sy snags, die trane stroom oor haar wange. Daar is niemand onder haar geliefdes wat haar troos nie. Al haar vriende het haar verraai en haar vyande geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle huil die hele nag lank, hulle trane vloei oor hulle wange. Daar is niemand wat die stad nou wil help nie, nie een van almal wat lief was vir haar nie. Haar vriende het ontrou geword, hulle het haar vyande geword.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy sit dwarsdeur die nag en huil met trane wat oor haar wange loop. Niemand van dié wat vroeër by haar gekuier het, wil haar nou kom troos nie. Almal wat eers haar vriende was, het teen haar gedraai. Hulle het haar vyande geword.