Lamentations 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, HERE! want ek is in benoudheid; my ingewande is onrustig; my hart is in my binneste gedraai; want ek het swaar in opstand gekom; buitekant beroof die swaard, tuis is daar soos die dood.
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk hoe benoud is ek, Here. My hart krimp inmekaar en ek bewe. Ek was in opstand teen U. Buite in die strate maai die swaard alles af. Binne in die huise is daar net dood.
Afrikaans 1933/1953
Resj. Aanskou, HERE, hoe benoud ek is, my ingewande is in beroering, my hart draai om in my binneste, want ek was baie wederstrewig; buitekant het die swaard berowe, binnekant is dit soos die pes.
Afrikaans 1983
Kyk na my nood, Here! Dit brand in my, ek is verpletter omdat ek so ongehoorsaam was; buite maai die swaard af en in die huise heers die pes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, ek is benoud, Here, my ingewande gloei. In my krimp my hart ineen, want ek was baie opstandig. Buite maai die swaard af, en in die huis is dit soos die dood.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U moet kyk, want ek kry baie swaar. Dit pyn binne-in my, my hart kan nie rus nie, want ek was baie opstandig teen U. My mense sterf in die oorlog op die strate, en in die huise sterf die mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Here, kyk hoe bang is ek. My hart krimp inmekaar. Ek was so vreeslik opstandig. Die swaard maai alles op die strate af. Binne-in die huise is dit soos die dood.