Lamentations 1:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle het gehoor dat ek sug; daar is niemand om my te vertroos nie; al my vyande het gehoor van my benoudheid; hulle is bly dat U dit gedoen het; U sal die dag bring wat U geroep het, en hulle sal soos Ek wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Ander mense hoor hoe ek kreun, maar niemand kom my troos nie. My vyande het gehoor wat U met my gemaak het. Hulle juig omdat U dit aan my gedoen het. Laat kom tog die dag wat U beloof het, wanneer hulle soos ek sal word.
Afrikaans 1933/1953
Sjin. Hulle hoor dat ek sug, ek het geen trooster nie; al my vyande hoor van my onheil, hulle is bly dat U dit gedoen het. U laat die dag kom wat U uitgeroep het, dat hulle kan wees soos ek,
Afrikaans 1983
Hulle hoor my sug, maar daar kom niemand om my by te staan nie; al my vyande hoor hoe sleg dit met my gaan en hulle is bly dat U dit gedoen het. Laat tog die dag kom wat U aangekondig het, dat hulle kan word soos ek is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle hoor dat ek kreun, maar niemand troos my nie. Al my vyande hoor van my rampspoed; hulle juig omdat U dit veroorsaak het. Laat kom die dag wat U bepaal het, sodat dit met hulle kan gaan soos met my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al my vyande het gehoor hoe ek kla en sug, niemand het my gehelp nie. Toe my vyande hoor dit gaan sleg met my, het hulle gejuig omdat dit U was wat dit met my gedoen het. U het gesê dit sal eendag gebeur en U moet dit nóú laat gebeur, U moet my vyande straf soos U my gestraf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoor tog hoe kreun ek omdat niemand by my staan nie. My vyande hoor wat U met my laat gebeur het. Hulle is baie bly daaroor. Laat tog die dag kom wat U beloof het. Laat dit met hulle gaan soos dit nou met my gaan.