Lamentations 1:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Laat al hulle boosheid voor u aangesig kom; en doen aan hulle soos U aan my gedoen het oor al my oortredinge, want my versugtinge is baie en my hart is mat.
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk na al die kwaad wat hulle aangerig het. Straf hulle daarvoor, soos U vir my gestraf het vir al my oortredings. Ek sug baie diep. My hart is siek.
Afrikaans 1933/1953
Tau. dat al hulle boosheid voor u aangesig kom; en doen aan hulle soos U aan my gedoen het vanweë al my oortredinge, want my versugtinge is baie, en my hart is krank.
Afrikaans 1983
Laat al hulle boosheid voor U kom, en doen met hulle soos U met my gedoen het oor al my sondes. Ek sug gedurig, my hart is gebreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Laat al hulle boosheid voor U kom, en doen aan hulle wat U aan my gedoen het oor al my oortredings. Ja, ek sug baie en my hart is ontsteld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U moet die slegte dinge onthou wat hulle gedoen het, en U moet met hulle doen soos U met my gedoen het omdat ek opstandig was teen U. Want ek kan nie ophou kla en sug nie, my hart het swak geword.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kyk na al die kwaad wat hulle gedoen het. Straf hulle daarvoor soos U my gestraf het vir alles wat ek verkeerd gedoen het. Ek sug aanmekaar. My hart is swaar binne-in my.