Lamentations 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Juda het in ballingskap gegaan vanweë ellende en vanweë groot slawerny; sy woon onder die nasies, sy vind geen rus nie; al haar vervolgers het haar tussen die nood ingehaal.
Afrikaans (NLV) 2011
Juda is weggevoer in ballingskap. Hulle word verdruk en gedwing om te werk. Hulle woon tussen vreemde volke waar hulle nie tuis is nie. Hulle agtervolgers het hulle ingehaal en in ’n hoek vasgekeer.
Afrikaans 1933/1953
Gimel. Juda is ontvolk deur ellende en deur sware diensbaarheid; hy sit onder die nasies, sonder om 'n rusplek te vind; al sy vervolgers het hom ingehaal tussen die engtes in.
Afrikaans 1983
Juda se mense is weggevoer, hulle kry swaar, hulle is slawe, hulle sit tussen vreemde nasies waar hulle geen rusplek kry nie; hulle agtervolgers het hulle ingehaal, hulle in die noutes vasgekeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gebuk onder lyding en geweldige onderdrukking, het Juda in ballingskap gegaan. Sy bevind haar onder die nasies; sy vind geen rus nie. Almal wat haar agtervolg, het haar in haar benoudheid ingehaal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Juda het gevangenes geword wat swaarkry en hard moet werk. Hulle woon tussen die volke en hulle kry nie 'n plek waar hulle kan rus nie. Al die vyande wat vir hulle gejaag het, het vir hulle gevang, hulle kon nie vlug nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Juda is weggevat om te gaan swaarkry. Hulle woon tussen vreemde volke waar hulle nie tuis is nie. Die vyand het hulle agtervolg, hulle ingehaal en hulle in ’n hoek vasgekeer.