Lamentations 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die weë van Sion treur, want niemand kom na die feestye nie; al sy poorte is woes; haar priesters sug, haar maagde is ellendig, en sy is in bitterheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Die paaie na Jerusalem lê verlate, want niemand kom meer na die tempelfeeste toe nie. By die stad se ingang is daar niemand nie. Die priesters staan en sug. Die jong vroue huil. Jerusalem kry bitter swaar.
Afrikaans 1933/1953
Dalet. Die weë na Sion treur, omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte lê woes, haar priesters sug, haar jonkvroue is bedroef, en sy self het dit bitter.
Afrikaans 1983
Die paaie na Sion toe treur omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte is verlate, haar priesters sug, haar jong vroue is bedroef, sy het dit bitter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die paaie na Sion treur, want niemand reis na haar feeste toe nie; al haar poorte is verlate, haar priesters sug. Haar jong meisies is bedroef, en self het sy dit bitter.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar is niemand op die paaie na Sion nie, niemand kom om daar fees te vier nie, daar is nie mense in die poorte nie. Die priesters kla en sug, die jongmeisies huil en treur, dit gaan sleg met almal in die stad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat niemand meer na die feeste by die tempel kom nie, lê die paaie na Sion eensaam en verlate. Die priesters staan by die hek en sug omdat daar niemand meer oor is nie. Die jong vroue is hartseer omdat dit so swaar is om in Jerusalem te bly.