Lamentations 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Haar teëstanders is die hoof, haar vyande is voorspoedig; want die HERE het haar verdruk weens die menigte van haar oortredinge; haar kinders het in ballingskap gegaan voor die vyand.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle wat Jerusalem onderdruk, het gewen. Dit gaan goed met haar vyande. Die Here het die stad gestraf oor die baie sondes wat daar gedoen is. Hulle het haar kinders gevang en weggevat na ’n ander land.
Afrikaans 1933/1953
He. Haar teëstanders het die oorhand gekry, haar vyande lewe rustig; want die HERE het haar droefheid aangedoen vanweë die menigte van haar oortredinge; haar kinders het in gevangenskap gegaan voor die teëstander uit.
Afrikaans 1983
Haar teëstanders het haar heersers geword, haar vyande lewe nou rustig. Die Here het haar laat ly oor haar baie sonde; haar kinders het ballinge geword, deur die vyand weggevoer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Haar teenstanders het die oorhand gekry; haar vyande lewe rustig, want die Here het haar laat ly, omdat sy soveel keer oortree het. Haar kinders moes as ballinge voor teenstanders uit loop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vyande van Jerusalem regeer nou, en dit gaan goed met hulle. Dit gebeur omdat die Here die mense van die stad straf oor hulle baie sondes. Hulle moes weggaan, hulle het gevangenes geword, hulle vyande het hulle gejaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jerusalem se vyande het gewen. Hulle leef nou baie rustig. Die Here laat die stad swaarkry oor die baie dinge wat sy verkeerd gedoen het. Haar vyande het haar kinders weggevat om in ’n ander land te gaan woon.