Lamentations 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En van die dogter van Sion het al haar skoonheid gewyk;
Afrikaans (NLV) 2011
Al Jerusalem se skoonheid het verdwyn. Haar leiers het geword soos uitgehongerde takbokke, sonder ’n plek om te wei. Hulle kan nie wegvlug van hulle agtervolgers nie.
Afrikaans 1933/1953
Wau. En van die dogter van Sion het gewyk al haar heerlikheid; haar vorste het geword soos takbokke wat geen weiveld vind nie en kragteloos heengegaan het voor die vervolger uit.
Afrikaans 1983
Die prag van Sion het alles verdwyn. Haar leiers het soos takbokke geword wat geen weiveld vind nie, hulle moes magteloos wegtrek voor hulle agtervolgers uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Weg is al die luister van die dogter van Sion. Haar leiers het soos rooitakbokke sonder weiding geword, kragteloos het hulle voor hulle agtervolgers uit gevlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die belangrike mense van die stad moes weggaan. Die amptenare het geword soos takbokke wat nie gras kry om te vreet nie. Hulle het nie krag gehad om te veg teen die mense wat hulle jaag nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy was baie mooi, maar nou het die skoonheid van die dogter van Sion verdwyn. Haar leiers het soos takbokke geword wat nie ’n plek kry waar hulle kan wei nie. Hulle hardloop onrustig voor die jagters uit.