Lamentations 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jerusalem het gedink in die dae van haar benoudheid en van haar ellende aan al haar lieflike dinge wat sy gehad het in die dae van ouds, toe haar volk in die hand van die vyand geval het, en niemand haar gehelp het nie; die teëstanders het haar gesien en gespot op haar sabbatte.
Afrikaans (NLV) 2011
In hierdie tyd van swaarkry dink Jerusalem terug aan die tyd toe sy mooi was. Maar sy het in haar vyand se hande beland en niemand kon haar help nie. Haar vyand het haar verwoes en gelag toe sy val.
Afrikaans 1933/1953
Sajin. Jerusalem dink, in die dae van haar ellende en haar omswerwinge, aan al haar kosbaarhede wat gewees het van die dae van die voortyd af. Toe haar volk deur die hand van die teëstander geval het en daar vir haar geen helper was nie, het die teëstanders haar aanskou, hulle het gelag oor haar ongelukkige uiteinde.
Afrikaans 1983
In hierdie dae van haar ellende en verdrukking dink Jerusalem aan al haar kosbare dinge van die verlede. Toe haar volk in die hande van die vyand geval het, was daar niemand wat haar gehelp het nie; haar vyande het dit gesien, hulle het gelag oor wat van haar geword het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die tye van nood en omswerwinge onthou Jerusalem alles wat vir haar kosbaar was in die verlede. Toe haar volk in die hand van teenstanders val, was daar vir haar geen helper nie. Die teenstanders het na haar gekyk, hulle het oor haar ondergang gelag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jerusalem is soos 'n weduwee wat dink hoe sleg dit met haar gaan. Sy dink daaraan dat sy nie meer 'n woonplek het nie, en sy onthou al die mooi goed wat sy gehad het. En dan dink sy hoe die vyande haar mense oorwin het, en dat daar niemand was wat gehelp het nie. Ander vyande het gestaan en kyk, hulle het gelag toe die stad verwoes is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In hierdie tyd dat sy so swaarkry, dink Jerusalem terug aan hoe pragtig sy vroeër gelyk het. Maar daar was niemand om haar te help toe sy in die vyand se hand beland het nie. Die vyand het lekkergekry toe sy aan haar einde kom en vir haar gelag.