Lamentations 1:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jerusalem het swaar gesondig; daarom is sy verwyderd; almal wat haar geëer het, verag haar, omdat hulle haar naaktheid gesien het; ja, sy sug en draai terug.
Afrikaans (NLV) 2011
Jerusalem het baie gesondig soos iemand wat vuil word. Almal wat haar eers gerespekteer het, verag haar nou. Want hulle het haar kaal en vernederd gesien. Sy kan maar net sug en haar gesig in haar hande wegsteek.
Afrikaans 1933/1953
Get. Jerusalem het swaar gesondig, daarom het sy 'n voorwerp van afsku geword; almal wat haar geëer het, verag haar, omdat hulle haar naaktheid gesien het; sy self sug en het haar weggedraai.
Afrikaans 1983
Jerusalem het groot sonde gedoen, dit het haar soos 'n onrein vrou laat word; die mense het haar naaktheid gesien, almal wat haar geëer het, verag haar nou. Sy sug en draai weg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Groot is die sonde van Jerusalem; daarom het sy onrein geword. Almal wat haar geëer het, verag haar, omdat hulle haar naaktheid gesien het. En sy, sy kreun en draai weg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Jerusalem het sonde gedoen, baie sonde. Dit is hoekom die stad geword het soos 'n vuil, kaal vrou. Mense het haar voorheen gerespekteer, maar hulle spot en verneder haar nou, want hulle sien sy is kaal. En wat doen sy? Sy sug en draai weg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Almal staan die kop en skud oor Jerusalem wat soveel skande gemaak het. Sy is onaanvaarbaar vir God. Almal wat vroeër so baie van haar gedink het, het gesien hoe sy lyk as sy kaal is. Nou verag hulle haar. Sy het net ’n kreun gegee en in skaamte haar rug vir hulle gedraai.