Lamentations 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Haar onreinheid is in haar rokke; sy dink nie aan haar laaste einde nie; daarom het sy wonderlik afgekom: sy het geen trooster gehad nie. O HERE, aanskou my ellende, want die vyand het homself groot gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy het haar skandalig gedra en nie aan haar straf gedink nie. Sy het so diep geval dat niemand haar kan help nie. “Here, kyk hoe sleg gaan dit,” snik sy. “My vyand het gewen!”
Afrikaans 1933/1953
Tet. Haar onreinheid kleef aan haar some, sy het aan haar einde nie gedink nie, en sy het wonderbaarlik gesink, sonder dat sy 'n trooster het. Sien my ellende aan, HERE, want die vyand hou hom groot.
Afrikaans 1983
Haar onreinheid wys aan haar klere, sy het nie gedink aan wat van haar sou word nie. Sy het diep geval en daar is niemand wat haar bystaan nie. Sien tog my ellende raak, Here, kyk wat matig die vyand hom aan!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Tot aan haar klere kleef haar onreinheid. Sy het nie gedink aan wat van haar sou word nie. Haar ondergang was verskriklik; daar is niemand wat haar troos nie. Here, kyk tog na my nood, want die vyand is vermetel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Haar klere het onrein geword, sy het nie gedink aan wat met haar kan gebeur nie. Niemand het geglo dat dit so sleg met haar sal gaan nie. Niemand het haar gehelp nie. Jerusalem het geskree: “Here, kyk hoe sleg gaan dit met my, want die vyande doen wat hulle wil.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die skande wat sy oor haarself gebring het, klou aan haar lyf. Sy weet nie hoe om daarvan ontslae te raak nie. Sy het so diep geval dat niemand haar meer kan help nie. Sy roep: “Here, kyk hoe sleg gaan dit met my noudat die vyand my oorwin het!”