Lamentations 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hoe het die HERE die dogter van Sion in sy toorn met 'n wolk bedek en die skoonheid van Israel van die hemel op die aarde neergewerp en nie aan sy voetbank gedink op die dag van sy toorn nie!
Afrikaans (NLV) 2011
Soos ’n donker wolk het die Here se woede oor Jerusalem gekom. Hy het van bo uit die hemel die mooi stad van Israel in die grond gedruk. Toe Hy kwaad geword het, het Hy selfs die tempel nie gespaar nie.
Afrikaans 1933/1953
Alef. Ag, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek! Hy het die sieraad van Israel uit die hemel op die aarde neergewerp en nie gedink aan die voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie.
Afrikaans 1983
Ag, hoe het die Here in sy toorn die donker laat toesak oor Sion! Hy het die pragstad van Israel tot in die stof verneder, Hy het op die dag van sy toorn sy eie tempel nie ontsien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ag, hoe het my Heer in sy toorn die dogter van Sion met wolke bedek. Hy het vanuit die hemel die sieraad van Israel op die aarde neergewerp. Hy het op die dag van sy toorn nie eers die voetbank van sy voete ontsien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hoekom het dit gebeur? Die Here was kwaad en Hy het dit donker laat word oor Sion. Israel was trots op die stad, maar die Here het die stad uit die hemel neergegooi op die aarde. Hy het nie aan sy tempel gedink op daardie dag toe Hy kwaad geword het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ai tog! Die Here was so woedend. Hy het soos ’n donker wolk oor Sion gekom. Van bo uit die hemel uit het Hy die mooi stad van Israel in die grond in geboor. Toe Hy so kwaad geword het, het Hy weggegaan van die tempel af waar Hy altyd gewoon het.