Lamentations 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die oudstes van die dogter van Sion sit op die aarde en swyg; hulle het stof op hulle hoof gegooi; hulle het hulle met rouklere omgord; die maagde van Jerusalem hang hul hoofde na die grond.
Afrikaans (NLV) 2011
Die leiers van Jerusalem sit stomgeslaan op die grond. Hulle het begrafnisklere aan en gooi grond op hulle koppe soos hulle treur. Die jongmeisies van Jerusalem laat uit skaamte hulle koppe hang.
Afrikaans 1933/1953
Jod. Die oudstes van die dogter van Sion sit en swyg op die grond, hulle het stof op hul hoof gegooi, rouklere aangegord; die jonkvroue van Jerusalem het hulle hoof na die aarde gebuig.
Afrikaans 1983
Die leiers van Sion sit verslae op die grond, hulle het stof op hulle koppe gegooi en het rouklere aan; die koppe van die jong vroue van Jerusalem hang tot op die grond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Swyend sit die oudstes van die dogter van Sion op die grond. Hulle het stof op hulle koppe gestrooi, en rouklere aangetrek. Die jong vroue van Jerusalem het hulle koppe na die aarde af gebuig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die leiers van Sion sit op die grond, hulle praat nie, hulle het stof op hulle koppe gegooi en hulle het rouklere aangetrek. Die jongmeisies van Jerusalem buig hulle koppe laag, tot naby die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die leiers van Sion sit plat op die grond. Hulle sê nie ’n woord nie. Hulle het begrafnisklere aan. Elkeen van hulle gooi grond op sy kop, so hartseer is hulle. Die jongmeisies van Jerusalem sit daar kop onderstebo.