Lamentations 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle sê vir hulle moeders: Waar is koring en wyn? toe hulle beswymel het soos die gewondes op die strate van die stad, toe hulle siel in die boesem van hulle moeders uitgestort is.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ons is honger,” sê die kinders vir hulle ma’s. In die strate sak hulle inmekaar soos iemand wat gewond is. Hulle sterf in die arms van hulle ma’s.
Afrikaans 1933/1953
Lamed. wat aan hulle moeders sê: Waar is koring en wyn? terwyl hulle versmag soos gewondes op die pleine van die stad, terwyl hulle lewe uitgestort word aan die bors van hul moeders.
Afrikaans 1983
Hulle soek by hulle moeders iets om te eet en te drink. In die strate van die stad val hulle om soos gewondes, in die arms van hulle moeders blaas hulle die asem uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle vra vir hulle ma's, “Waar is die koring en wyn?” terwyl hulle soos gewondes wegkwyn op die stadspleine, die lewe uit hulle uitvloei in hulle ma's se arms.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle vra vir hulle ma’s: “Waar kan ons brood en wyn kry?” Maar dan val hulle flou soos dooie mense op die oop stukke grond in die stad, of hulle sterf terwyl hulle teen hulle ma’s se borste lê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die kinders soek by die ma’s iets om te eet of te drink. Hulle sak op straat inmekaar soos iemand wat geskiet is. Hulle gaan dood in hulle ma se arms.