Lamentations 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat moet ek neem om vir jou te getuig? watter ding sal ek met jou vergelyk, o dogter van Jerusalem? wat sal ek aan jou gelyk het, dat ek jou kan troos, o jonkvrou, dogter van Sion? want jou breuk is groot soos die see; wie kan jou genees?
Afrikaans (NLV) 2011
Met wie kan ek jou vergelyk, Jerusalem? Waarmee kan ek jou smarte vergelyk, Jerusalem? Hoe kan ek jou troos? Jou hartseer is dieper as die see. Wie sal jou ooit weer heel kan maak?
Afrikaans 1933/1953
Mem. Watter getuienis kan ek vir jou aflê, waarmee kan ek jou vergelyk, dogter van Jerusalem? Waarmee sal ek jou gelykstel, dat ek jou kan troos, jonkvrou, dogter van Sion? Want jou verbrokenheid is so groot soos die see -- wie kan jou gesond maak?
Afrikaans 1983
Wat kan ek vir jou sê, waarmee kan ek jou vergelyk, Jerusalem? Wie se lyding kan ek vir jou noem dat ek jou daardeur kan troos, Sion? Jou verwonding is soos die see so groot, wie kan jou genees?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat kan ek vir jou as voorbeeld voorhou, waarmee kan ek jou vergelyk, dogter van Jerusalem? Wat kan ek aan jou gelykstel, sodat ek jou kan vertroos, jong meisie, dogter van Sion? Waarlik, so wyd soos die see is die breuk in jou. Wie kan jou genees?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jerusalem, wat kan ek sê om jou te troos? Sion, wie kry so swaar soos jy? Hoe kan ek dit vir jou makliker maak? Jou swaarkry is so groot soos die see, wie kan dit beter laat gaan met jou?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat kan ek as ’n voorbeeld gebruik om jou mee te vergelyk, Jerusalem? Waarmee kan ek jou vergelyk dat dit jou miskien kan troos, Sion? Wat jou oorgekom het, is so vreeslik dat dit nie lyk of iemand jou ooit weer sal kan regkry nie.