Lamentations 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al jou vyande het hulle mond teen jou oopgemaak; hulle fluit en kners op die tande; hulle sê: Ons het haar verslind; sekerlik is dit die dag waarna ons gewag het; ons het gevind, ons het dit gesien.
Afrikaans (NLV) 2011
Al jou vyande spot met jou en fluit deur hulle tande: “Die dag het gekom waarvoor ons gewag het om hierdie stad te vernietig!”
Afrikaans 1933/1953
Pe. Al jou vyande rek hulle mond oop oor jou, hulle spot en kners op die tande, hulle sê: Ons het verslind, ja, dit is die dag wat ons verwag het; ons het dit bereik, dit belewe!
Afrikaans 1983
Al jou vyande rek hulle mond oor jou, hulle spot en kry lekker, hulle sê: “Ons het hom verslind, dit is die dag waarvoor ons gewag het, dit het gebeur, ons beleef dit!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al jou vyande het hulle mond vol oor jou; hulle fluit en kners op hulle tande, en sê: “Ons het uitgedelg! Waarlik, dit is die dag waarop ons gewag het – ons het dit bereik, ons het dit gesien.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al jou vyande spog oor wat hulle met jou gedoen het, hulle fluit, hulle byt hard op hulle tande. Hulle sê: “Ons het Jerusalem verwoes, ons het gewag vir hierdie dag, en die dag het gekom, ons het dit gesien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jou vyande het baie oor jou te sê. Hulle fluit deur hulle tande en dryf die spot met jou. Hulle sê: “Uiteindelik het die dag gekom waarvoor ons gewag het om die stad te vernietig!”