Lamentations 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE het gedoen wat Hy uitgedink het; Hy het sy woord vervul wat Hy in die dae van die ou tyd beveel het: Hy het neergewerp en hom nie ontferm nie; en Hy het jou vyand oor jou laat juig, die horing van jou teëstanders opgerig.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is die Here wat dit met jou laat gebeur wat Hy al lankal besluit het. Hy het Jerusalem genadeloos vernietig. Hy het jou vyand laat lekkerkry toe hulle jou verslaan het.
Afrikaans 1933/1953
Ajin. Die HERE het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, sy woord volbring wat Hy sedert die dae van die voortyd beveel het; Hy het sonder verskoning afgebreek en die vyand oor jou bly gemaak, die horing van jou teëstanders verhoog.
Afrikaans 1983
Die Here het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, Hy het die woord in vervulling laat gaan wat Hy lank gelede al afgekondig het. Hy het verwoes en geen genade betoon nie, Hy het die vyand hom oor jou laat vermaak, Hy het aan jou teëstanders die oorwinning gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Here het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het; Hy het sy woord vervul wat Hy reeds lank gelede bepaal het: Hy het genadeloos uitgeroei en vyande oor jou verbly, jou teenstanders die mag laat verkry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het gedoen wat Hy wou doen, Hy het laat gebeur wat Hy lank gelede gesê het. Hy het die stad afgebreek, Hy was nie jammer nie. Hy het jou vyande bly gemaak oor wat met jou gebeur het, Hy het hulle sterk gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het met jou laat gebeur wat Hy oor jou besluit het. Hy het jou genadeloos verwoes, soos Hy lank terug al beloof het. Hy het jou vyande sterk gemaak en hulle laat lekkerkry toe hulle jou verslaan het.