Lamentations 2:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hulle hart het tot die HERE geroep, o muur van die dogter van Sion, laat die trane dag en nag soos 'n rivier loop; laat die appel van jou oog nie ophou nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Mure van Jerusalem, pleit by die Here! Laat jou trane dag en nag vloei soos ’n rivier. Moenie vir ’n oomblik ophou nie.
Afrikaans 1933/1953
Sade. Hulle hart roep na die HERE. Muur van die dogter van Sion, laat trane afloop soos 'n stroom, dag en nag; gun jouself geen verposing nie, laat jou oogappel nie rus nie.
Afrikaans 1983
Roep tot die Here, Sion, laat jou trane in strome vloei, dag en nag, moet jou nie rus gun nie, moenie dat jou oë verligting kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle harte het geroep na my Heer. Muur van die dogter van Sion, laat jou trane dag en nag soos 'n rivier stroom; gun jouself geen rus nie, laat jou oë nie tot rus kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jerusalem, jou mure het geskree en gevra dat die Here hulle moet help. Jou trane moet vloei soos 'n rivier, elke dag en nag. Jy moenie rus nie, jy moenie ophou huil nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat die mure van Sion by die Here gaan pleit. Laat daar dag en nag trane vloei soos ’n rivier. Moenie vir ’n oomblik ophou nie.