Lamentations 2:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Staan op, roep uit in die nag; stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die HERE in die begin van die wagte; hef jou hande op na Hom vir die lewe van jou jong kinders, wat beswyk van honger in die top van elke straat.
Afrikaans (NLV) 2011
Staan op, in die middel van die nag, om jou hart soos water voor die Here uit te stort. Steek jou hande uit na Hom om te pleit vir jou kinders wat op straat flou word van honger.
Afrikaans 1933/1953
Kof. Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die HERE, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.
Afrikaans 1983
Staan dwarsdeur die nag op en roep, stort voor die Here jou hart uit soos water, strek jou hande uit, en bid om die lewe van jou kinders, hulle wat van honger beswyk op die hoeke van die strate.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Staan op, roep in die nag as die nagwake begin. Stort jou hart soos water voor my Heer uit. Lig jou hande op na Hom ter wille van die lewe van jou kinders wat van honger op elke straathoek wegkwyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet opstaan, jy moet aanhou roep in die nag. Wanneer elke wagbeurt begin, dan moet jy vir die Here sê hoe jy voel. Jy moet jou hande uitsteek na Hom toe en jy moet bid dat Hy jou kinders moet laat lewe, jou kinders wat op al die hoeke van die strate flou word omdat hulle honger is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Staan elke keer in die nag op wanneer die wagte omruil en roep na die Here. Stort julle hart soos water voor Hom uit. Steek julle hande na Hom toe uit. Pleit by Hom vir julle kinders wat op die straat van honger inmekaarsak.