Lamentations 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, HERE, en let op aan wie U dit gedoen het. Sal die vroue hulle vrugte eet en kinders van 'n span lank? sal die priester en die profeet in die heiligdom van die HERE gedood word?
Afrikaans (NLV) 2011
Kyk tog, Here, wat U maak met ons. Moet vroue dan die kinders eet vir wie hulle so lief is? Moet priesters en profete dan sterf in die tempel van die Here?
Afrikaans 1933/1953
Resj. Aanskou, HERE, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van die HERE priester en profeet gedood word?
Afrikaans 1983
Kyk tog, Here, let tog op aan wie U dit gedoen het: vrouens eet hulle eie kinders, kinders wat in teerheid versorg is; priesters en profete word doodgemaak in die heiligdom van die Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, Here, en sien tog raak aan wie U dit gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug, gesonde kinders, eet? Moet priester en profeet dan in die heiligdom van my Heer doodgemaak word?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Here, U moet kyk, U moet sien aan wie U dit gedoen het. Wil U hê vroue moet hulle eie kinders eet? Moet die vyande die priesters en die profete vermoor in die tempel?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kyk ’n bietjie, Here, wie kry die swaarste onder dit wat U met ons laat gebeur het. Moet vroue dan die kinders eet wat hulle self in die wêreld gebring het? Moet die priesters dan daar waar hulle vir die Here by sy tempel werk, doodgemaak word? Moet die profete wat God se boodskap oordra, dan daar doodgaan?