Lamentations 2:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Jong en oud lê op die grond op die strate; my maagde en my jongmanne is deur die swaard geval; U het hulle gedood op die dag van u toorn; jy het gedood en nie jammer gekry nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jongmense en oumense lê dood buite in die straat. My jong meisies en jong mans het U genadeloos doodgemaak in u woede.
Afrikaans 1933/1953
Sjin. Op die grond lê jonk en oud in die strate; my jonkvroue en my jongmanne het deur die swaard geval; U het hulle gedood op die dag van u toorn, U het geslag sonder verskoning.
Afrikaans 1983
Jonges en oues lê dood in die strate; jong vroue en jongmanne het deur die swaard geval. U het hulle neergevel op die dag van u toorn, U het 'n slagting aangerig en geen genade betoon nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oud en jonk lê op die grond in die strate; my jong vroue en my jong manne het deur die swaard geval. U het hulle op die dag van u toorn doodgemaak; U het hulle genadeloos geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Seuns en ou manne lê saam dood op die strate. My jongmeisies en my jongmanne het gesterf in die oorlog. U het hulle laat sterf toe U kwaad was, U het hulle doodgemaak, U was nie jammer vir hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Buite op die grond lê daar jonges en oues wat dood is. Die jonges is met die swaard doodgemaak. Die dag toe U kwaad geword het, het U hulle doodgemaak. U het hulle sonder genade soos diere geslag.