Lamentations 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het my verskrikkinge rondom geroep soos op 'n feesdag, sodat op die dag van die toorn van die HERE niemand ontkom of oorgebly het nie;
Afrikaans (NLV) 2011
U het oraloor mense geroep asof hulle na ’n feesdag toe kom. Die dag toe die Here sy woede losgelaat het, was daar niemand wat ontsnap en bly leef het nie. My kinders wat ek grootgemaak het met sorg, is deur die vyand doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953
Tau. U het soos op 'n feesdag my verskrikkinge geroep van rondom, en niemand het op die dag van die HERE se toorn vrygeraak of ontkom nie; die wat ek op die hande gedra en grootgemaak het -- my vyand het hulle omgebring.
Afrikaans 1983
U het al my bure uitgenooi om hier 'n bloedige fees te vier. Op hierdie dag van die Here se toorn kon niemand ontvlug of vrykom nie. My kinders wat ek met teerheid versorg en grootgemaak het, is deur my vyande om die lewe gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van oraloor het U dié wat my bedreig, bymekaargeroep soos op 'n feesdag; en op die dag van die Here se toorn het niemand ontsnap of ontkom nie. My vyand het dié wat ek voortgebring en grootgemaak het, uitgewis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U het die vyande van al die kante geroep, U het hulle geroep soos U mense roep om te kom feesvier. Toe die dag van die Here kom, het niemand vry weggekom en weggehardloop nie. My vyande het almal doodgemaak wat hier gebore is en wat hier grootgeword het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
U het van oral af my vyande geroep asof dit ’n fees was waarvoor hulle moes kom. Die dag toe die Here sy woede losgelaat het, het niemand dit reggekry om te ontsnap nie. Die vyand het my kinders doodgemaak wat ek met soveel liefde grootgemaak het.