Lamentations 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het in sy toorngloed die hele horing van Israel uitgeroei, sy regterhand teruggetrek voor die vyand, en teen Jakob verbrand soos 'n vlammende vuur wat rondom verteer.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het gekook van woede toe Hy Israel se krag gebreek het. Hy het nie ’n hand gelig om hulle te help toe hulle vyand hulle aangeval het nie. Hy was soos ’n vuur wat van alle kante af teen Israel uitgebreek het.
Afrikaans 1933/1953
Gimel. Hy het in gloeiende toorn elke horing van Israel afgekap; Hy het sy regterhand teruggetrek voor die vyand, en in Jakob het Hy gebrand soos 'n vuurvlam wat rondom verteer.
Afrikaans 1983
Deur sy vernietigende toorn het Hy die krag van Israel heeltemal gebreek. Toe die vyand kom, het die Here sy magtige hand teruggetrek en sy toorn teen Jakob laat brand soos 'n vlam wat alles rondom verteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In sy siedende toorn het Hy die mag van Israel volledig gebreek. Hy het sy regterhand daarvan weerhou om die vyande te keer, en in Jakob het Hy soos 'n vlammende vuur gebrand wat alles rondom hom verteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy was baie kwaad, Hy het almal laat sterf wat sterk was in die volk Israel. Hy het hulle nie gehelp teen die vyande nie. Dit was soos 'n vuur wat alles verbrand het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy was rasend van woede toe Hy Israel se krag gebreek het. Toe die vyand kom, het Hy nie eens ’n hand uitgesteek om sy mense te help nie. Hy was soos vuur wat van alle kante af teen Jakob gebrand het.