Lamentations 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het sy boog gespan soos 'n vyand; Hy het met sy regterhand gestaan soos 'n teëstander, en alles gedood wat aangenaam was vir die oog in die tabernakel van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid soos vuur uitgegiet.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het sy boog gespan teen sy mense asof hulle sy vyand is. Hy het sy krag gebruik om alles te verwoes wat kosbaar is. Hy het sy woede soos vuur laat uitbreek teen alles wat kosbaar is in Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953
Dalet. Hy het sy boog gespan soos 'n vyand, Hom opgestel met sy regterhand soos 'n teëstander en gedood alles wat 'n lus was vir die oog in die tent van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid uitgegiet soos vuur.
Afrikaans 1983
Soos 'n vyand het Hy sy boog gespan en aangelê, soos 'n teëstander het Hy al wat dierbaar is, uitgeroei; in die woning van Sion het Hy sy toorn uitgegiet soos vuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het sy boog soos 'n vyand gespan, met 'n ferm regterhand – Hy het soos 'n teenstander almal wat kosbaar was, om die lewe gebring. In die tent van die dogter van Sion het Hy sy woede soos 'n vuur uitgestort.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het soos 'n vyand sy boog se snaar styfgetrek en Hy het gereedgestaan. Hy het almal wat mooi was, met sy sterk arm doodgemaak in die woonplekke van Sion. Hy was kwaad, en dit het gebrand soos vuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het reg teenoor ons gaan staan. Hy het die pyl in sy boog gespan en na ons gemik asof ons sy vyand was. Hy het soos ’n vyand alles verwoes wat vir ons mooi was. Sy woede het losgebars teen dié wat in Sion bly. Dit was soos ’n vuur wat vlam vat.