Lamentations 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE was soos 'n vyand: Hy het Israel verslind, Hy het al sy paleise verslind;
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het Israel verwoes asof dit sy vyand is. Al hulle blyplekke en vestings het Hy afgebreek. Baie hartseer en trane het Hy in Jerusalem gebring.
Afrikaans 1933/1953
He. Die Here het soos 'n vyand geword, Hy het Israel verslind, al sy paleise verslind, sy vestings verwoes en geklaag en geklag by die dogter van Juda vermenigvuldig.
Afrikaans 1983
Die Here het soos 'n vyand geword, Hy het Israel vernietig, Hy het al die wonings vernietig, die vestings verwoes, Hy het ellende op ellende oor Juda gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My Heer het soos 'n vyand geword; Hy het Israel verswelg. Hy het al haar vestings verswelg en sy versterkte stede vernietig. Hy het verdriet en droefheid by die dogter van Juda laat toeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here was soos 'n vyand, Hy het Israel verwoes, Hy het al die mooi huise verwoes, Hy het al die sterk mure afgebreek, Hy het baie mense in Juda laat huil en rou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here het Israel verwoes asof hulle sy vyand was. Hy het die huise afgebreek waarin hulle gewoon het. Hy het die plekke waar hulle teen gevare geskuil het, heeltemal verwoes. Hy het ’n hartseer in Juda gebring wat nooit sal weggaan nie.