Lamentations 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die HERE het sy altaar verwerp, sy heiligdom verafsku, die mure van sy paleise in die hand van die vyand oorgegee; hulle het 'n geraas gemaak in die huis van die HERE soos op die dag van 'n fees.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here het sy eie altaar verwerp. Hy het sy tempel verag. Hy het die vyand toegelaat om Jerusalem se vestingmure af te breek. Hulle het in die Here se huis lawaai gemaak asof hulle daar feesvier.
Afrikaans 1933/1953
Sajin. Die Here het sy altaar verwerp, sy heiligdom ontheilig, die mure van haar paleise in die hand van die vyand oorgelewer; hulle het gedruis gemaak in die huis van die HERE soos op 'n feesdag.
Afrikaans 1983
Die Here het sy altaar verwerp en sy heiligdom laat vertrap. Hy het die mure rondom die tempelgebou laat afbreek deur die vyand. Hulle het in die huis van die Here gejuig asof dit sy volk is wat daar feesvier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
My Heer het sy altaar verwerp; sy heiligdom het Hy verstoot; Hy het die mure van sy vestings in die hand van 'n vyand oorgelewer. Hulle het in die huis van die Here gejuig soos op 'n feesdag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here wou nie meer sy eie altaar hê nie, en ook nie sy tempel nie. Hy het die mure van die stad se mooi huise vir die vyande gegee om af te breek. Hulle het in die tempel gaan staan en skree soos mense op 'n feesdag gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here wou niks verder weet van die plek waarop hulle vir Hom geoffer het nie. Hy het nie verder belanggestel in die tempel waar hulle tot Hom kom bid het nie. Hy het die vyand toegelaat om sy huis se mure te kom afbreek. Hulle het in die huis van die Here ingekom en daar ’n lawaai gemaak asof dit ’n plek was waar ’n mens te kere kan gaan soos jy wil.