Lamentations 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Haar poorte is in die grond gesink; sy grendels het hy vernietig en verbreek; sy koning en sy vorste is onder die heidene; die wet is nie meer nie; haar profete vind ook geen gesig van die HERE nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Jerusalem se hekke lê op die grond. Die Here het hulle uit hulle skarniere geruk. Haar koning en haar leiers het by vreemde volke beland. Die wet het verdwyn. Profete kry nie meer visioene van die Here af nie.
Afrikaans 1933/1953
Tet. Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar vorste is onder die heidene; daar is geen onderwysing nie, en haar profete ontvang geen gesig van die HERE nie.
Afrikaans 1983
Sion se poorte is begrawe in puin, die sluitbalke is gebreek en lê aan stukke. Sy koning en sy leiers is weggevoer na die heidene toe. Daar is geen onderrig meer in die wet nie, sy profete ontvang ook geen openbaring meer van die Here nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Haar stadspoorte het in die grond weggesak; Hy het hulle sluitbalke stukkend gebreek. Haar koning en haar leiers leef sonder leiding onder die nasies; selfs haar profete ontvang nie 'n visioen van die Here nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die poorte van die stad het omgeval, want die Here het die sluitbalke van die poorte stukkend gebreek. Die koning en die amptenare van die stad is by ander volke. Daar is nie meer priesters wat vir die mense kan sê wat die Here wil hê nie. Die Here wys ook nie meer vir die profete wat hulle moet sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die hekke van die stad lê saam met hulle skarniere onder die rommel begrawe. Haar koning en haar leiers is weggevat na ander volke toe. Dié wat vir die mense moet kom vertel wat die Here sê, hoor niks van die Here nie. Niemand weet meer wat die Here wil hê nie.