Lamentations 3:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
U het met toorn bedek en ons vervolg; U het gedood, U het U nie ontferm nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“U was so kwaad vir ons dat U ons agternagesit het om ons genadeloos uit te roei.
Afrikaans 1933/1953
Samek. U het U in toorn gehul en ons agtervolg, U het gedood sonder verskoning.
Afrikaans 1983
U toorn het ontvlam en U het ons agtervolg, U het 'n slagting aangerig en nie genade betoon nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
U het U in toorn gehul en ons agtervolg; U het genadeloos doodgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
U was kwaad, U het ons gejaag, U was nie jammer vir ons nie, U het ons doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“U was so kwaad vir ons dat U ons agternagesit het om ons sonder genade dood te maak.