Lamentations 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hy het my omhein, dat ek nie kan uitkom nie; Hy het my ketting swaar gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het my ingehok en met swaar kettings geboei sodat ek nie kon uitkom nie.
Afrikaans 1933/1953
Gimel. Hy het my toegemuur, sodat ek nie kan uitkom nie, my koperboeie swaar gemaak.
Afrikaans 1983
Hy het 'n muur om my gebou, ek kan nie uitkom nie, Hy het vir my swaar bronskettings aangesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het 'n muur rondom my gebou, uitkom kan ek nie; Hy het my boeie van brons swaar gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het 'n muur rondom my gebou sodat ek nie kan uitkom nie. Hy het my vasgebind met swaar kettings.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het my toegesluit. Hy het my met swaar kettings geboei sodat ek nie kan uitkom nie.