Leviticus 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as sy offer uit die kleinvee is, naamlik van die skape of van die bokke, as 'n brandoffer; hy moet dit 'n mannetjie sonder gebrek bring.
Afrikaans (NLV) 2011
“As julle ’n skaap of bok bring as ’n brandoffer, bring ’n ram sonder enige liggaamsgebrek.
Afrikaans 1933/1953
En as sy offer 'n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit 'n ram sonder gebrek wees wat hy bring.
Afrikaans 1983
“As dit 'n offer uit die kleinvee is, 'n brandoffer uit die skape of bokke, bied die man 'n ram aan sonder liggaamsgebrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘As sy offer 'n brandoffer is uit die kleinvee, uit die skape of bokke, moet dit 'n ram sonder gebrek wees wat hy bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Wanneer iemand 'n skaap of 'n bok gee om 'n brand-offer te wees, dan moet hy 'n gesonde ram gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“As die dier wat hy vir die Here bring, uit sy vee kom, moet dit ’n ram wees sonder foute. Dit kan uit die skape of die bokke kom. Dit moet heeltemal met vuur verbrand word.