Leviticus 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet dit slag aan die kant van die altaar noordwaarts voor die aangesig van die HERE; en die priesters, die seuns van Aäron, moet sy bloed rondom op die altaar uitgooi.
Afrikaans (NLV) 2011
Slag die dier aan die noordekant van die altaar in die teenwoordigheid van die Here. Aäron se seuns, die priesters, sal die bloed langs die kante van die altaar sprinkel.
Afrikaans 1933/1953
En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van die HERE; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.
Afrikaans 1983
Hy slag die dier daar in die teenwoordigheid van die Here, aan die noordekant van die altaar, en die Aäronitiese priesters sprinkel die bloed rondom teen die altaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy moet dit aan die noordekant van die altaar voor die Here keelaf sny. Die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy moet die ram daar voor die Here slag, langs die noordekant van die altaar, en die priesters van die nageslag van Aäron moet die bloed teen die altaar spat, oral rondom die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die persoon sny dit keelaf daar voor die Here aan die linkerkant van die offerplek. Die dienaars uit Aäron se familie vat van die bloed van die ram en sprinkel dit reg rondom teen die kante van die offerplek.