Leviticus 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet dit in sy stukke sny, met sy kop en sy vet, en die priester moet dit op die hout wat op die vuur is wat op die altaar is, ordentlik neerlê.
Afrikaans (NLV) 2011
Sny die dier in stukke. Die priesters sal die stukke van die offer saam met die kop en die vet bo-op die altaar met die houtvuur neersit.
Afrikaans 1933/1953
Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
Afrikaans 1983
Dan sny die man die offerdier in stukke op, en die priesters sit die stukke vleis, die kop en die niervet op die hout op die altaarvuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die dier moet in stukke opgesny word, en die priester moet dit saam met die kop en die niervet rangskik bo-op die hout wat op die vuur op die altaar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die persoon moet die kop afsny en hy moet die niervet afsny. Hy moet die vleis in stukke sny, en die priester moet alles langs mekaar op die hout sit wat op die vuur op die altaar is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die persoon wat die dier gebring het, sny dit dan in stukke op. Die dienaar wat by die tent werk, pak die kop van die dier en sy niervet bo-op die hout wat op die altaar brand.