Leviticus 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy moet die binnegoed en die pote met water was, en die priester moet dit alles bring en dit op die altaar aan die brand steek; dit is 'n brandoffer, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die binnegoed en die pote moet eers met water gewas word. Dan sal die priesters die hele offer op die altaar verbrand. Dit is die brandoffer, gemaak met vuur en aangenaam vir die Here.
Afrikaans 1933/1953
Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Afrikaans 1983
Die man was die binnegoed en die pote af, en die priester bring alles op die altaar en verbrand dit. Dit is die brandoffer, 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die persoon wat offer moet die binnegoed en pote met water afspoel. Die priester moet dit alles naderbring en op die altaar verbrand. Dit is 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die persoon moet die binnegoed en die pote was, en die priester moet dit alles offer en verbrand op die altaar. Dit is 'n brand-offer, 'n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die persoon was ook die dier se binnegoed en sy pote met water af. Die dienaars verbrand dit ook op die altaar. Dit bly alles op die altaar totdat dit weggebrand het. Dit word ’n vuuroffer genoem. Die Here hou baie daarvan wanneer dit vir Hom gebring word.