Leviticus 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as die brandoffer vir sy offer aan die HERE uit voëls is, moet hy sy offer van tortelduiwe of jong duiwe bring.
Afrikaans (NLV) 2011
“As julle ’n voël bring as brandoffer vir die Here, kies ’n tortelduif of ’n jong duif.
Afrikaans 1933/1953
En as sy offer aan die HERE 'n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe.
Afrikaans 1983
“As dit 'n brandoffer van voëls is wat iemand vir die Here wil offer, bied hy 'n tortelduif of 'n ander duif aan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘As sy offer vir die Here 'n brandoffer is uit die voëls, moet dit 'n tortelduif of 'n jong duif wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Wanneer iemand vir die Here 'n voël wil gee om 'n brand-offer te wees, dan moet hy vir die Here 'n tortelduif of 'n makduif gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“As iemand vir die Here ’n voël bring om op die altaar te verbrand, kan dit ’n tortelduif of enige ander duif wees wat hy kom offer.