Leviticus 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priester moet dit na die altaar bring en sy kop afdraai en dit op die altaar aan die brand steek; en die bloed daarvan moet aan die kant van die altaar uitgedraai word.
Afrikaans (NLV) 2011
Die priester sal die voël na die altaar toe neem, sy nek omdraai en die kop op die altaar verbrand. Hy moet dan die bloed langs die kante van die altaar laat uitdrup.
Afrikaans 1933/1953
En die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.
Afrikaans 1983
Die priester bring dit op die altaar, knyp die kop af en verbrand dit op die altaar. Die bloed word eers teen die kante van die altaar uitgedruk;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die priester moet dit na die altaar bring. Hy moet die kop afknyp en op die altaar verbrand. Die bloed moet teen die sykant van die altaar uitgedruk word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priester moet die duif na die altaar bring. Hy moet die duif se nek omdraai en hy moet dit op die altaar verbrand. Hy moet die duif se bloed uitdruk teen die kant van die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die dienaar wat by die tent werk, bring die voël na die offerplek toe. Hy draai die duif se nek om. Hy verbrand dit op die altaar. Hy druk die bloed van die duif teen die kant van die offerplek uit.