Leviticus 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet sy oes met sy vere afpluk en dit langs die altaar gooi, aan die oostekant, by die plek van die as.
Afrikaans (NLV) 2011
Die priester moet daarna die krop en die vere verwyder en dit aan die oostekant van die altaar in die as gooi.
Afrikaans 1933/1953
Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek.
Afrikaans 1983
dan verwyder die priester die krop en die vere en gooi dit langs die altaar aan die oostekant op die plek vir die as,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die persoon wat offer moet die krop en die derms verwyder en dit gooi op die plek waar die vetterige as gegooi word, aan die oostekant van die altaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarna moet hy die krop en die vere neem en hy moet dit weggooi, oos van die altaar, op die ashoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sny ook die krop en die ingewande van die duif uit. Hy gooi dit weg aan die regterkant van die offerplek waar die uitgebrande as en vet lê. Daarna skeur hy die voël aan sy vlerke oop sonder om dit heeltemal uitmekaar te skeur. Die persoon wat by die tent werk, verbrand dan die duif in die vuur op die altaar. Dit word ook beskou as ’n brandoffer, ’n vuuroffer, waarvan die Here baie hou.”