Leviticus 1:17 — Compare Translations

6 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy moet dit met sy vlerke kloof, maar dit nie stukkend verdeel nie; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat op die vuur is; dit is 'n brandoffer, 'n vuuroffer, van 'n lieflike geur vir die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011
Die priester moet dan die voël aan sy vlerke uitmekaartrek, maar sonder om dit middeldeur te skeur. Dit is die brandoffer, gemaak met vuur en aangenaam vir die Here.”
Afrikaans 1933/1953
Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Afrikaans 1983
en nadat hy die duif tussen die vlerke oopgeskeur het sonder om dit heeltemal middeldeur te skeur, verbrand hy dit in die vuur op die altaar. Dit is die brandoffer, 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy moet die duif by die vlerke oopskeur sonder om dit in twee te verdeel. Dan moet die priester dit op die altaar verbrand, bo-op die hout wat op die vuur is. Dit is 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy moet die duif se vlerke amper afskeur, maar hy moenie dit heeltemal afskeur nie. Dan moet hy dit heeltemal op die altaar verbrand. Dit is 'n brand-offer, 'n vuur-offer, dit ruik lekker vir die Here.”