Leviticus 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle 'n offer aan die HERE bring, moet julle julle offer bring van die beeste, van die beeste en van die kleinvee.
Afrikaans (NLV) 2011
“Gee die volgende opdragte vir die Israeliete: Wanneer julle vir die Here diere offer, moet julle dit uit julle bees- of skaaptroppe vat.
Afrikaans 1933/1953
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE 'n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee -- van beeste of van kleinvee.
Afrikaans 1983
“Praat met die Israeliete en sê vir hulle: Wanneer een van julle vir die Here 'n offer wil aanbied, kan hy dit aanbied uit sy beeste of uit sy kleinvee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘Wanneer een van julle vir die Here 'n offer wil bring, moet julle van julle vee as 'n offer aanbied, van die beeste of van die kleinvee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here het gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: “Wanneer een van julle vir die Here 'n offer wil gee, en die offer is 'n dier, dan moet hy 'n bees of 'n skaap of 'n bok gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Jy moet met die Israeliete gaan praat. Sê vir hulle: Wanneer een van julle iets vir die Here bring, kan dit uit julle beeste of uit julle kleinvee kom.